Suid-Afrikaner sterf ná Al Kaida-groep weerwraak in Nairobi belowe

Deel op
Die grusame Twitterfoto
Die grusame Twitterfoto

Buitelandse militêre magte ondersteun sedert 2011 Keniaanse troepe teen die al-Shabab-rebelle in Somalië. Al-Shabab is aan Al Kaida verbonde.

‘n Keniaanse militêre woordvoerder, majoor Emmanuel Chirchir, het twee jaar gelede gesê “een van die vennote”, moontlik die Verenigde State van Amerika of Frankryk, het lugaanvalle geloods wat die dood van ‘n aantal al-Shabab-militante veroorsaak het. Die Franse vloot het rebelle se posisies vanaf die see aangeval, het die Keniaanse weermag destyds in ‘n verklaring gesê .

Twee senior Amerikaanse amptenare in Washington het egter gesê dat nóg die Verenigde State van Amerika of die Sentrale Intelligensie-agentskap lugaanvalle teen Somalië geloods het.

Amerikaanse amptenare in Kenia het geweier om kommentaar te lewer . ‘n Franse diplomaat in die Verenigde State van Amerika het nie op telefoonoproepe gereageer nie.

Indien Western militêre magte inderdaad die konflik betree het, sê ontleders, kan dit ‘n keerpunt verteenwoordig. Die groep beheer die suide van Somalië.

“Almal is in die [oorlogs]teater,” het Chirchir in ‘n telefoniese onderhoud bevestig. Die Amerikaanse weermag het voorheen aanvalle in Somalië geloods.

Amerikaanse amptenare was in 2011 bekommerd oor die vooruitsig dat al-Shabab militante in Kenia se hoofstad, Nairobi, sal wraak neem, en moontlik op Westerlinge fokus en het waarskuwings gerig dat inkopiesentrums moontlike teikens mag wees..

Die Keniaanse leër is tans gewikkel in ‘n stryd om die jongste gyselaarsdrama in ‘n winkelsentrum in Nairobi te ontlont. Ontploffings en geweervuur is sedert gisteraand al ‘n paar keer gehoor. ‘n Onbekende aantal mans, wat aan die militante groep al-Shabab verbonde is, hou nog sowat 10 gyselaars aan.

Die jongste dodetal is 69, maar polisiebronne vrees dat die dodetal baie hoër kan wees. ‘n Suid-Afrikaner is ook in die aanval dood.

Die Suid-Afrikaanse burger, James Thomas van Kaapstad, is glo tydens die aanval doodgeskiet. Thomas was in Kenia op ‘n sakebesoek vir die maatskappy, EcoVentures International.

Ander Suid-Afrikaners wat aanvanklik in die winkelsentrum vasgekeer was, is luidens berigte later bevry.

Sowat 10 gyselaars word nog in die winkelsentrum aangehou. Die Keniaanse weermag sê hulle doen alles in hul vermoë om die oorblywende gyselaars lewend uit te bring.

Die meeste van die gyselaars wat in die winkelsentrum vasgekeer was, is gered en die grootste gedeelte van die kompleks is beveilig.

Al-Shabab het in Januarie vanjaar ‘n foto van ‘n vermeende Franse spesmagsoldaat wat vermoor is in mislukte aanval, op Twitter rondgestuur om die Franse president te tart.

Die dooie Franse soldaat is met sy vermeende wapens en toerusting afgeneem.

Drie foto’s opgelaai wat ‘n wit man toon geklee in ‘n militêre broek en ‘n bloed-deurweekte hemp omring deur drie gewere, ammunisie en beskermende toerusting. ‘n Helm lê tussen sy bene.

In elk van die foto’s is ‘n silwer hangertjie, ‘n kruisie, om die soldaat se nek sigbaar. Al-Shabab het in sy boodskap gesê: “‘n Terugkeer van die Kruistogte, maar die kruis kon hom nie red van die swaard nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.