Steel Durbanse metropolisie batterye en bande van hul eie voertuie af?

Deel op
'n Metropolisieman in Durban
‘n Metropolisieman in Durban

Die Durbanse metropolisie (die stad word nou eThekwini genoem) ondersoek blykbaar hoe batterye en nuwe bande van hul voertuie af “verdwyn”, berig die Witness-koerant.

Die koerant haal ‘n woordvoerder, senior superintendent Eugene Msomi, aan waar hy sê dat ‘n aantal interne ondersoeke aan die gang is.

Die berig bevat nog ‘n aanhaling deur ‘n senior offisier wie se naam nie genoem word nie en wat sê dat ‘n polisievoertuig met splinternuwe bande agterna met afgeloopte bande na die stasie toe sou terugkeer.

“Dis helder dat bande gestroop en verkoop word. As die beamptes skofte ruil, sien niemand enigiets raak nie,” sê hy.

He meen ook dat daar geen verklaring is oor hoe voertuie wat op die polisieperseel geparkeer staan hul batterye daar “verloor” nie. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.