Hou Winnie van wit en vet?

Deel op
Naidoo en Reddy
Naidoo en Reddy

Radio en TV-persoonlikheid Sorisha Naidoo is nie vies vir Winnie Madikizela-Mandela se openbare kritiek oor haar vinnige gewigsverlies nie.

Madikizela-Mandela het die 300 gaste teenwoordig by die bekendstelling van ‘n boek hierdie week vertel Naidoo is “te maer”. Die “moeder van die nasie” het gesê dis nie die swart ideaal nie omdat swart mense in Afrika van vet vroue hou.

“Ek is net nie gelukkig dat my dogter so maer is nie … sy moet na Johannesburg kom vir ‘n week, sodat ons haar goed kan voed,” het sy gesê.

Die kommentaar is gemaak nadat Naidoo, die vrou van die omstrede sakeman Vivian Reddy, Winnie genooi het om te praat by die boekbekendstelling by Sibaya Casino Dinsdagaand.

Naidoo het voorheen kritiek gekry vir haar velbleikproduk, wat deur Madikizela-Mandela onderskryf word .

In reaksie hierop het sy gesê: “Wit mense kan sonbrand, maar daar is ‘n probleem wanneer swartes en Indiërs hul velle bleik?”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.