Rusland erken kulturele, nasionale selfbeskikking

Deel op
Poetin
Poetin

Mense sal hulle menswaardigheid verloor sonder waardes wat in die Christelike geloof vervat is, sonder hul eiesoortige morele standaarde wat oor duisende jare vorm aangeneem het, het President Wladimir Poetin gesê.

“Ons glo dat dit natuurlik en gepas is om daardie waardes te verdedig. Enige minderheid verdien respek vir sy kenmerkende identiteit, maar die regte van die meerderheid moet nie bevraagteken word nie,” het Poetin gesê tydens ‘n byeenkoms van die Valdai-besprekingsklub .

Hy glo dat Rusland nie vorentoe kan beweeg sonder kulturele en nasionale selfbeskikking nie. Anders sal die land sal nie in staat wees om te reageer op eksterne of interne uitdagings nie, en sal nie suksesvol kan wees in ‘n globale kompetisie nie.

“Gebeure wat plaasvind in die wêreld verteenwoordig ernstige uitdagings vir die Russiese identiteit. Daar is buitelandse beleids- en morele aspekte hier ter sake. Ons sien tans hoe baie Euro-Atlantiese lande ‘n doelgerigte pad stap om afstand te doen van hul wortels, insluitende Christelike waardes, wat onderliggend aan die Westerse beskawing is,” het Poetin gesê .

“Dit behels die ontkenning van morele beginsels en ‘n tradisionele identiteit – nasionaal, kultureel, godsdienstig of selfs seksueel,” het hy gesê.

“Beleidsrigtings word nagestreef wat groot gesinne en dieselfde geslag paartjies in dieselfde kategorie plaas, geloof in God en die geloof in Satan. Vergrype van politieke korrektheid het die punt bereik waar daar ernstige besprekings gevoer word oor die registrasie van partye wat propaganda van pedofilie as hul doel stel. Mense in baie Europese lande is skaam en bang om te praat oor hul godsdiens, vakansiedae word afgeskaf of ander name gegee, name wat skaam die aard van die vakansie verberg, en aggressiewe pogings word aangewend om hierdie model op die res van die wêreld af te dwing,” het Poetin gesê.

“Dit is ‘n direkte pad na agteruitgang en primitiwiteit, wat tot diep demografiese en morele krisisse lei,” het hy gesê.

“Wat kan ‘n beter aanduiding van ‘n morele krisis in die menslike samelewing wees as sy verlies van die vermoë om self voort te plant?” het Poetin gesê. – Interfax

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.