Duitsland bekommer oor SA se ‘obsessie’ met BRICS

Deel op

fahrneGemeet teen die agtergrond van Suid-Afrika se kil behandeling van die Europese Unie (EU), veral rakende die eensydige terugtrede uit bilaterale beleggingsverdrae, sal die Vryheidsfront Plus die beoogde nuwe Beleggingswet fyn monitor om seker te maak dit voldoen aan die vereistes van die land se EU-handelsvennote, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid.

NUUT!

Dit het die afgelope maande reeds duidelik geblyk dat die EU, en in besonder belangrike lidlande soos Duitsland, geen geheim daarvan maak dat hulle glad nie ingenome is met die behandeling wat hulle van Suid-Afrika kry nie. Duitsland is veral bekommerd oor wat die uitwerking vir beleggings in Suid-Afrika gaan wees indien die regering nie sy bilaterale beleggingsverdrag met Duitsland hernieu nie.

Die protes wat adv. Alberts aangeteken het teen die moontlikheid dat die ANC-regering moontlik nie sy bilaterale beleggingsverdrag met Duitsland gaan hernieu nie, het so wyd weerklink dat Duitsland se ambassadeur in Suid-Afrika, dr. Horst Freitag, hom genooi het om oor die aangeleentheid te gesels.

Volgens adv. Alberts sal hy die regering se oënskynlike ‘obsessie’ met Brics met die ambassadeur bespreek om te verhinder dat Suid-Afrika sy tradisionele handelsvennote versaak.

Dr. Freitag het in ‘n onlangse toespraak gesê dit is ‘ononderhandelbaar’ vir voornemende beleggers om in ‘n omgewing te belê waar daar nie onnodige risiko’s is nie.

Hy het ook gewaarsku dat dit veel moeiliker is om vertroue met ‘n handelsvennoot op te bou as om dit te verbreek.

Volgens adv. Alberts is die verhoudinge tussen Suid-Afrika en sy handelsvennote van die EU reeds in sulke troebel water dat die land gewis beleggings sal verloor indien die beoogde Beleggingswet, wat alle bilaterale beleggingsverdrae gaan vervang, nie die regte seine aan die EU stuur nie.

Ander kwessies wat adv. Alberts met dr. Freitag sal bespreek, gaan rondom probleme wat ‘n effek het op Suid-Afrika se makro-ekonomie, soos die ANC se obsessie oor grond sonder om die ekonomiese impak van blindelingse hervorming in ag te neem.

Op die agenda sal ook wees plaasmoorde wat die landbousektor wesenlik beïnvloed en die algemene ekonomiese rigting van die ANC wat deur rasgegronde ingrypings soos Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) en regstellende aksie die ekonomie verwring en dooddruk.

“Ons moet hieroor gesels aangesien die land geweldige sosiaal-ekonomiese uitdagings het rakende armoedeverligting in die algemeen wat alle rasse, swart en wit, raak,” sê adv. Alberts.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.