Atoomagentskap bekommerd oor Iranese navorsing

Deel op
Die Internasionale Atoomenergie-agentskap, wat in Wene gesetel is, het sy kommer uitgespreek oor Iran se beweerde navorsing oor kernkoppe en gevra dat die land meer inligting oor sy missielbedrywighede moet verskaf.
Deel op

Volgens die Atoomagentskap weerhou Iran inligting oor plofstoftoetse wat met sy kernprogram verband hou.

Teheran beskik oor 3 500 uraanverrykingsentrifuges wat by sy Natanz-kerninstallasie werk, ietwat meer as vroeër vanjaar, terwyl enkele meer gevorderde toestelle ook getoets word.

Westerse inligtingsdienste beweer dat Iran besig is met 'n geheime projek om atoombomme te vervaardig, terwyl Iran die bewerings as ongegrond afmaak.

deposit slotsФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.