VF behaal historiese oorwinning met stemreg

Deel op

stem2014Die Vryheidsfront Plus verwelkom die aanvaarding van die Wysigingswetsontwerp op die Kieswet ingevolge waarvan alle Suid-Afrikaanse burgers aanstaande jaar in die algemene verkiesings sal kan stem, sê dr. Corné Mulder, die Vryheidsfront Plus se hoofwoordvoerder oor binnelandse sake.

Dr. Mulder het vandag in die parlement gesê dit is ‘n ‘historiese dag en ‘n groot sukses’ wat die VF Plus behaal het vir duisende Suid-Afrikaners in die buiteland wat wil stem in die algemene verkiesing van 2014.

Die wetswysigings vandag was ‘n opdrag van die Grondwethof aan die Parlement. Dit het gevolg nadat die VF Plus die kwessie dat Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland nie mag stem nie, suksesvol na die Grondwethof geneem het. Die Grondwethof het beslis dat die stemreg om praktiese redes net op nasionale vlak en nie op provinsiale vlak kan wees nie.

Die Demokratiese Alliansie het teen die wet gestem. Dr. Mulder het gesê hy is ‘verstom’ oor die DA se optrede aangesien dit mense in die buiteland aanstaande jaar hul stemreg kan ontneem. As die wet nie nou aanvaar word nie as gevolg van die DA se optrede of deur hofsake vertraag word, verval hierdie opsie vir alle Suid-Afrikaners in die buiteland

Wysigings wat nou aan die Kieswet aangebring gaan word, sal Suid-Afrikaners in die buiteland toelaat om nuut as kiesers te registreer in die land waar hulle tans is. Dit was voorheen nie die geval nie.

Oor die DA se optrede het dr. Mulder gesê dié party besef al te goed dat mense in die buiteland nie stemreg op provinsiale vlak sal kry nie as gevolg van die grondwethof se uitspraak en praktiese oorwegings.

“Julle weet dit. Dit is opportunisties. Die DA speel hier om stemme te werf deur die indruk by die publiek te probeer skep dat hy vir hulle veg.

“Wees net een keer eerlik en erken die poging gaan nie slaag nie. Ek kan net hoop dat die DA hieroor tot sy sinne gaan kom,” het dr. Mulder gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.