Internet se adresse mag opraak

Volgens 'n verslag wat in die New Scientist gepubliseer is, mag die internet se adresse binne drie jaar opraak. Tans word rekenaars op die netwerk deur 'n sogenaamde Internet-protokol- of IP-adres geïdentifiseer.

85% van die 4,3 miljard bestaande IP-adresse is reeds toegeken. Teen die jaar 2011 gaan dit byna onmoontlik raak om 'n IP-adres te bekom.

Die skrywers wil regerings en maatskappye aanmoedig om vanaf die huidige IP-adresprogrammatuur, wat bekendstaan as IPv4, na 'n meer gevorderde weergawe, IPv6, op te grader. IPv6 maak voorsiening vir 'n onbeperkte aantal IP-adresse.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.