Vakbondamptenaar dood in etniese geweld

Deel op
'n Vakbondamptenaar van die Nasionale unie van metaalwerkers (Numsa) is tydens etniese geweld gedood, het die vakbond gister bekendgemaak.
Deel op

Fabrieksvloerverteenwoordiger Walter Ntombela, 'n Mosambieker, is oor die naweek met pangas doodgemaak in sy kaja in die Madelakufa-plakkerskamp buite Tembisa aan die Oosrand.

Sy vrou en drie kinders het naelskraap ontkom toe hul kaja aan die brand gesteek is. Intussen skuil hulle in 'n plaaslike gemeenskapsaal en wag om na Mosambiek teruggeneem te word.

Numsa het 'n nasionale opvoedingsprogram teen xenofobie en stambewustheid by die werk geloods.

комплекты нижнего белья для мальчика купить дешеволобановский александр биография

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.