Rentekoers bly onveranderd

Deel op

reserwebankDie Reserwebank het, soos verwag, sy rentekoers onveranderd gelaat.

Die koers waarteen die Reserwebank geld aan handelsbanke leen, die repokoers, is sedert Julie 2012 op 5%.

Omdat die rand die afgelope paar weke stewiger vertoon het, was Gill Marcus, president van die Reserwebank, nie genoop om rentekoerse te verhoog nie. Inflasie sal moontlik só onder beheer bly en dus keer dat rentekoerse moet styg.

Die plaaslike inflasiekoers was in Augustus op 6,4% – die tweede opeenvolgende maand wat dit hoër as die Reserwebank se maksimum teikenvlak van 6% was.

Die Suid-Afrikaanse ekonomie gaan na verwagting vanjaar met slegs 2% groei, die laagste sedert die resessie in 2009. Die swak rand en hoër inflasie het daarvoor gesorg dat ’n rentekoersverlaging om die ekonomiese groei ‘n hupstoot te gee, nie oorweeg is nie.

Die rand se verswakking van 18% in die eerste agt maande van 2013 het tot ’n skerp styging in brandstof- en voedselpryse gelei.

Christie Viljoen, ekonoom by NKC, verwag dat rentekoerse minstens vir die volgende 12 maande onveranderd sal bly. Hy meen selfs dit mag oor die volgende 18 maande onveranderd bly, het Bloomberg berig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.