Brande teister Vrystaat

Deel op

veldbrandBrandspanne het hul hande vol in die Vrystaat waar veldbrande woed. ‘n Sterk wind blaas die vlamme aan en die droë toestande vererger die situasie.

‘n Groot brand woed tussen Rosendal en Fouriesburg. Daar is ook brande op Rouxville, Zastron, Wepener, Hobhouse en Paul Roux.

Twee plaashuise het afgebrand en duisende hektaar weiveld is reeds vernietig.

Spanne van Working on Fire, boere en plaaswerkers bestry die brande. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.