Gevreesde misdaad neem toe

Deel op

huisroof“Roof by woonhuise as die misdaad wat die meeste gevrees word in Suid-Afrika het met 3,6% toegeneem volgens die nuutste misdaadstatistiek. Inbrake by woonhuise het met 3,3% (253 633 gevalle) toegeneem en motorkapings met 5,4%. Dit is juis by jou huis en op pad werk toe wat mense veilig wil voel. Die publiek het dus rede om onveilig te voel en ervaar dat misdaad toeneem,” sê dr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

“Wat ook kommerwekkend is, is dat van die 1 833 775 ernstige misdade wat aangemeld is, daar slegs 352 513 suksesvolle vervolgings was. Dit is slegs 19% suksesvolle vervolgings. Dit beteken dat die strafregstelsel in Suid-Afrika ernstige gebreke het en die publiek in die steek laat,” het Groenewald gesê.

“Moord het met 0,6% toegeneem, maar die feit dat 16 259 mense vermoor is beteken dat die kans vyf keer groter is om in Suid-Afrika vermoor te word as elders in die wêreld waar die gemiddeld 6 per 100 000 is. Poging tot moord het met 6,5% (16 363 gevalle) toegeneem wat beteken Suid-Afrika bly steeds ‘n gevaarlike land,” sê Groenewald.

Die Vryheidsfront Plus verwelkom wel die afname in misdade teen vroue en kinders en in misdade soos aanranding.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.