ISS: Nuwe, ernstige veiligheidsbedreigings in SA

Deel op

issDie Instituut vir Sekerheidstudies het ‘n beroep op die Minister van Polisie, Nathi Mthethwa gedoen om toe te laat dat meer gereelde en gedetailleerde inligting oor sogenaamde nuwe misdade in die land bekend gemaak word.

Die ISS het die vorige syfers van ‘n afname in geweldsmisdaad verwelkom, maar verwag dat die nuwe misdaadstatistiek wat vandag bekend gemaak word, op ‘n toename in eiendomsmisdaad sal dui.

Die hoof van die ISS se misdaad en geregtigheidsprogram, Gareth Newham sê die vorige statistieke toon nie sekere nuwe ernstige veiligheidsbedreigings in die land nie.ISS

Hy sê dit is misdade soos korrupsie, openbare geweld, groepmoorde, politieke sluipmoorde en huishoudelike geweld.

Mthethwa sal die misdaadstatistiek vir 2012/2013 vanoggend by die Tshwane Opleidingsakademie in Pretoria-Wes bekendmaak.

Die ISS word ondersteun deur Kanada, Denemarke, Finland, Japan, Noorweë, Spanje, Swede, Switserland, Nederland en die VSA. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.