Skietery in die middestad van Johannesburg

Deel op
Die Johannesburgse middestad
Die Johannesburgse middestad

Twee mense is Woensdagmiddag beseer toe ‘n groep swartes wat besig was om van veiligheidswagte in die Johannesburgse middestad af weg te vlug, begin skiet het, het die polisie gesê.

“‘n Audi Q7 het ‘n blou BMW M1 gejaag toe die insittendes van die BMW op die Audi Q7 begin skiet het, wat deur veiligheidswagte op die hoek van Anderson- en Sauerstrate bestuur is,” het die woordvoerder, adjundantoffisier Xoli Mbhele Donderdag gesê.

“Die veiligheidswagte het daarna hul vuur beantwoord en die BMW se band stukkend geskiet,” het hy gesê.

Mbhele sê die vyf het hierna uit hul motor gespring en te voet weggevlug terwyl hulle op die veiligheidswagte losbrand. Hul skote het twee passasiers in ‘n stilstaande Quantum-taxi op die hoek van Breë- en Lovedaystrate getref.

“Daarna het die groep ‘n wit Nissan Tiida gekaap en van die toneel af weggejaag,” sê Mbhele.

Die motor is later in Turffontein teruggevind.

“Die beseerdes, ‘n man en ‘n vrou, is op die toneel behandel, maar die vou is hospitaal toe geneem met ‘n wond in die nek,” sê Mbhele.

“Die veiligheidswagte het die groep se motor agternagesit toe hulle nie wou stilhou in die aangesig van aankomende verkeer nie,” sê Mbhele.

Volgens hom is die polisie na die misdadigers op soek. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.