Duitsland het chemikalieë met ‘tweeledige gebruik’ na Sirië versend

Deel op
Angela Merkel
Angela Merkel

Duitse amptenare het bevestig dat Berlyn chemikalieë na Sirië versend het wat moontlik gebruik kan word om Saringas te maak. Die regering het egter benadruk dat hulle vol vertroue is dat die “tweeledige-gebruik chemikalieë nie vir militêre doeleindes aangewend is nie.

Duitsland het meer as 100 ton van die bestanddele wat ook vir die vervaardiging van dodelike gas gebruik kan word, tussen 2002 en 2006 uitgevoer.

“Die permitte [vir die lewering van die chemikalieë] is toegestaan ​​is ná ‘n deeglike ondersoek van alle moontlike risiko’s, insluitend die gevare van misbruik en herleiding met die oog op moontlike gebruik in verband met chemiese wapens,” het Duitsland se Ministerie van Ekonomie gesê in ‘n verklaring in reaksie op ‘n formele versoek van ‘n opposisieparty.

Ek kan nie glo dat Duitsland ‘n totaal van meer as 111 ton chemikalieë na Sirië versend het wat gebruik kan word om Sarin te produseer nie. En dit in ‘n land wat bekend is daarvoor dat hulle ‘n chemiese wapenprogram het,” het Jan van Aken, ‘n opposisielid, wapendeskundige en voormalige VN-wapeninspekteur, gesê.

Die eerste stel aflewerings is in 2002-2003 gemaak, onder die sentrum-linkse regering van Gerhard Schroeder. Die tweede is gemaak in 2005-2006, onder die huidige sentrum-regse regering.

“Volgens die bevindinge wat tot my beskikking, is dit gebruik vir burgerlike aanwending, het kanselier Angela Merkel gesê in ‘n onderhoud met die plaaslike ARD televisie.

‘n Verslag van VN inspekteurs oor verlede maand se chemiese wapenaanval op Damaskus dui daarop dat die vuurpyle wat die senugas bevat het, afgevuur is van die basis van een van die land se elite militêre eenhede wat oor die stad uitkyk, het RSG berig.

‘n Senior VN-diplomaat in New York sê besonderhede oor die omvang van die aanval, die vuurpyle wat gebruik is en inligting oor die trajek in die verslag maak dit duidelik dat die Siriese regering vir die aanval verantwoordelik was.

‘n Verslag van Human Rights Watch het ook gesê die vermeende vlugroete van die vuurpyle wat deur die VN- inspekteurs gemeld word, lei terug na ‘n basis van die Republikeinse Wag in die dieselfde gebied.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.