Misdaadstatistiek vandag afgewag

Deel op

volksmoordDie minister van polisie, Nathi Mthethwa, sal na verwagting Donderdag die misdaadstatistiek vrystel.

Verlede jaar het die amptelike statistiek wat deur Mthethwa vrygestel is, aangetoon dat die reële moordsyfer effens afgeneem het, met 331 minder mense wat in 2012 as in 2011 vermoor is.

‘n Ontleding wat vooraf deur die hoof van die SAPD se taakspan, Mzandile Petros, gedoen is, het totale vir die land se ergste misdade tussen 1 April 2011 en 31 Maart 2012 verskaf:

– Moord: 15 609 (vorige jaar 15 940);

– Poging tot moord: 14,859 (vorige jaarr 15,493);

– Aanranding met die doel om ernstig te beseer: 192,651 (vorige jaar 198,602);

– Gewone aanranding: 181,670 (vorige jaar 185,891); en

– Seksuele oortredings: 64 514 (vorige jaar 66,196).

Violent crime in provinces had reduced in all but three provinces.

Geweldsmisdaad in alle provinsies, benewens drie, afgeneem.

Limpopo, die Vrystaat en die Wes-Kaap het ‘n toename in kontakmisdaad getoon, waaronder moorde, aanranding, roof en verkragting.

Die ander ses provinsies het tot die algehele afname van 3,5 persent in kontakmisdaad bygedra.

Geweldsmisdaad in Gauteng het met 11 persent gedaal – die beduidendste in die land.

Die hoof van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) se misdaad en geregtigheidsprogram, Gareth Newham, het die afname in geweldsmisdaad verwelkom maar gesê die statistiek weerspieël nie sekere van die ernstige opkomende veiligheidsbedreigings waarvoor die land tans te staan kom nie.

Dit sluit korrupsie, openbare geweld, groepsmoorde, politieke sluipmoorde en huishoudelike geweld in.

Newham het Mthethwa versoek om die polisie toe te laat om meer gereeld en in groter besonderhede oor dié misdade verslag te doen.

Die uitvoerende direkteur van Corruption Watch, David Lewis, het gesê die statistiek verskaf nie die nodige inligting om die stryd teen korrupsie te ondersteun nie.

Dit het geblyk dat die misdaadstatistiek heelwat van die verslae van korrupsie as gewone bedrog kategoriseer. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.