Vermeende baasbrein van renosterstropers vas

Deel op

renoster‘n Vermeende baasbrein agter renosterstropery is in ‘n klein dorpie naby die Kruger-wildtuin in hegtenis geneem. 

Volgens SANparke was dié “waardevolle” arrestasie die gevolg van ‘n uitgebreide ondersoek deur ‘n spesiale polisie-eenheid.

Die man is by Cork Trust-village in hegtenis geneem.

Volgens ‘n woordvoerder van SANparke, Ike Phaahla, “word daar vermoed dat die persoon deel van ‘n groep stropers is wat in die Krugerwildtuin en ander reservate in die omgewing bedrywig is.”

Polisie het beslag gelê op dele van wat glo ‘n renosterkarkas is, asook ‘n SANparke-veldwagter-uniform, jagtoerusting, vuurwapens en ammunisie.

In ‘n ander voorval is drie vermeende stropers in hegtenis geneem ná ‘n skietery tussen wildbewaarders en stropers in die Malelane-omgewing van die park.

Een van die vermeende stropers is gewond. Die polisie het beslag gelê op wapens en toerusting.  – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.