Polisie skiet op klipgooiers in Bekkersdal

Deel op

burningtyresDie situasie in Bekkersdal aan Gauteng se Wes-Rand is gespanne nadat die polisie van rubberkoeëls gebruik moes maak om meer as ‘n duisend klipgooiers uiteen te jaag.

Die oproermakers wou ‘n griefskrif met eise vir beter dienslewering aan Westonaria se munisipaliteit oorhandig. Hulle eis dat die raadslede bedank.

Die skare mense het aanvanklik uiteen gegaan, maar daarna weer vergader om na die munisipale kantore te loop.

‘n Polisievoertuig is onder meer met klippe bestook en gemeenskapleiers vergader met die polisie om ‘n ooreenkoms te bereik om toe te laat dat die optog na die munisipale kantore voortgaan.

Oproermakers is vroeër in hegtenis geneem nadat geweld Dinsdagnag in die gebied uitgebreek het.

Agttien mense is gearresteer toe sommige inwoners ander gedwing het om aan te sluit by die oproer, het konst Evelyn Matabane gesê.

Elf is in hegtenis geneem vir openbare geweld en sewe vir buitelanders se winkels wat hulle geplunder het.  – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.