Aangeklaagde in kinderporno-saak verskyn

Deel op
'n Gekonfiskeerde rekenaar
‘n Gekonfiskeerde rekenaar

‘n Oud-onderwyser uit die Vrystaat, een van ‘n paar mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n deel van ‘n kinderpornosindikaat is, het Woensdagin die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Die saak teen die man is uitgestel vir verdere ondersoek tot 28 Oktober.

In Augustus het talle mans waaronder ‘n afgetrede skoolhoof, verskyn in verskeie Suid-Afrikaanse howe.

Die polisie het op ‘n wenk van Interpol op 15 Augustus gereageer toe die ses mans in vier provinsies vir die besit van kinderpornografie vasgevat is. Hulle is in hegtenis geneem in Lichtenburg, Potchefstroom, Bloemfontein, Witrivier, Douglasdale, en Florida.

‘n Prokureur, ‘n dermatoloog, en ‘n sakeman is van die ses. Almal word verdink van betrokkenheid by ‘n internasionale kinderpornografie-sindikaat, het die polisie vroeër gesê.

Die polisie ondersoek ook of die ses betrokke was in die verspreiding en vervaardiging van kinderpornografie, en indien hulle gekoppel is aan ‘n internasionale sindikaat.

Dit is die saak het skakels na Kanada, die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State van Amerika, Wes-Europa, en Australasië. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.