Rooihuiskraal: Inwoner met wapen gedreig by stortingsterrein

Deel op
Beampte dreig wit inwoner met hand op sy wapen
Beampte dreig wit inwoner met hand op sy wapen

Die polisie moes ingryp na ‘n ongelukkigheid by die Rooihuiskraalse stortingsterrein.

Die metropolisie het Saterdagmiddag by die stortingsterrein in Rooihuiskraal die situasie onder beheer probeer dwing.

Die ingang tot die terrein is afgesper en geen voertuig word mee toegelaat nie.

Die metropolisie het die terrein offisieël as gesluit verklaar.

Persone wat tuinvullis wil verwyder word na stortingsterreine in Krugerlaan en Attridgeville verwys.

Talle mense het vroeër vandag in toue buite die terrein gestaan om hul vullis daar te stort.

Die vullis in die terrein het in een dag verdubbel en dit het veroorsaak dat daar nie spasie is vir die houers wat daar moet staan nie.

Diegene wat hul tuinvullis Saterdag by die Rooihuiskraal stortingsterrein wou aflaai is deur munisipale werkers weggewys.

“Dit is ‘n groot gemors. Die mense word geïntimideer,” het Steven Claasen gesê nadat hy probeer het om sy vullis te stort.

Die werkers het glo instruksies vanaf die Tshwane-metro ontvang om mense weg te wys.

Vullis is in die pad gegooi en die ingang is toegesper met boomstompe. Die wat dit wel waag om in die terrein te stort, word gedreig.

Foto’s van motors se registrasienommers word ook geneem, ook glo op die opdrag van die munisipaliteit.

Die rede waarom die terrein gesluit is, is onbekend.

Die werkers het egter aan Rekord vertel dat die voertuie buitewerking is en daarom is die vullis nie verwyder nie.

Dit het veroorsaak dat die gemors by die stortingsterrein opgehoop het en dit nou te vol is.

Inwoners voel egter dat hulle vir hierdie dienste betaal en dring daarop aan om dit te gebruik.

“Dis hulle reg om te staak, maar hulle kan ons nie dwing om iewers anders te stort nie,” het Ben Kriegler gese.

‘n Man en sy werkers is Vrydagmiddag by ‘n stortingsterrein in Rooihuiskraal met ‘n vuurwapen gedreig toe hulle tuinvullis daar wou weggooi.

‘n Werkgewer en sy werkers is deur die sekuriteit by die stortingsterrein weggewys en ‘n sekuriteitswag het sy hand op sy pistool gesit en gedreig om hulle te skiet indien hulle hul vullis daar sou stort.

Volgens die wit man het die werkers by die terrein hulle ingelig dat die trokdrywers van Tshwane Metro besig is om te staak en daarom is die stortingsterrein gesluit.

Hy het gesê dat hy vroeër in die week ook probleme ervaar het om sy vullis daar te stort, maar was nog nooit gedreig nie.

“Ek werk al vir 13 jaar saam met hierdie mense, maar nou dreig hulle ons sommer,” het hy gesê.

Hy is geskok dat so iets by ‘n plek so eenvoudig soos ‘n stortingsterrein kan gebeur. – looklocal.co.za

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.