Voorwaardes vir oorlewing

Deel op

survivalDeur Johann Theron

Die Suid-Afrikaanse debat poog om die algemene gesprek te bevorder, om sodoende die land self te verbeter. Suid-Afrika is moontlik ‘n organisasie, waarvan afgelei word dat gewone organisatoriese verbeteringstegnieke aangewend kan word soos byvoorbeeld:

1.       Leiding of leierskap met hernude energie en nuwe benaderinge

2.       Prosesverbetering en optimisering

3.       Kapasiteitsopbouiing met behulp van opleiding

‘n Alternatiewe benadering is egter moontlik vanuit ‘n oorlewingskonteks, waar eienskappe soos lewensverwagting van toepassing gemaak kan word op organisasies. Die gedagte dat nie net mense nie, maar ook organisasies tot sterwe kan kom is nie meer nuut nie en word beskryf in boeke oor “The decline of the Roman Empire”, “Why Nations Fail”, “How the Mighty Fail”, “Why Big Projects Fail” ensovoorts. Die motivering hoekom ‘n oorlewingsbenadering meer van toepassing vir hierdie debat is, is gegrond op die feit dat Suid-Afrika nog nooit ‘n organisasie is of was nie met die gevolg dat leierskap, prosesse en opleiding nog nooit ‘n sentrale rol vervul het nie. Iets wat nie bestaan nie, kan dus nie verbeter word nie. ‘n Alternatiewe “begin” word dus benodig en die eerste doelwit is om te oorleef (volgens Maslow).

Die geskiedenis van Suid-Afrika wys hoofsaaklik dat die ANC vir oorlewing baklei het en dat hulle suksesvol oorleef het deur die gebruik van 2 handvatse

1.       Die stryd tussen Engelse en Afrikaners

2.       Twyfel in die Kerk

Aangesien die Afrikanerregering die apartheidswette opgeskryf het, het die ANC onwillekeurig, maar ook willekeurige, voortdurende geteikende aksies teen die Afrikaner wat noual (amper) landuit is, (amper) sonder ‘n Kerk sit en met nog steeds die stryd teen die “plaaslike” Engelse. Geen wonder hulle (en die Engelse) dink die Afrikaner is “stupid” nie.

Om ‘n oplossing te soek wat die Afrikaner (oral) sal laat oorleef, moet na ‘n universele benadering gesoek word – iets wat sal werk vir almal. In beginsel is ‘n “scenario” gebaseer op fundamentele onstuitbare aspekte oor tyd.

Dit moet in ag neem dat die balans tussen kerk en staat vervaag en geleidelik vervang word met kommunikasie soos musiek en tegnologie, waarna finansies en globaliteit alles insluk totdat mense besef dat kultuur en natuur wesenlik is vir menslike voortbestaan. Die balans (spanning) word hier gehou deur kultuur/natuur teenoor geld en globaliteit. ‘n Toekomsaanduiding vir die Afrikaner soos afgelei hiervan is dat die Staat, asook die kerk, minder belangrik word en dat ‘n gemeente of buurt-fokus versterk moet word.

Die gemeente of buurte stem ooreen met vandag se wydverspreide meenthuiskomplekse (verwys ook na die Franse “Bastides”) en word ook ondersteun deur die opkoms van “gemeentes” wat in tente vergader. Die verdonkering van die NG Kerk (Organizational Darkness – Howard F Stein) ondersteun die gedagte dat die kerk tot ‘n einde gaan kom en dat die Kerk-Staat balans dus iets van die verlede is. Populasiegroei is vandag minder ‘n probleem as wat geldgroei is en globaliteit se ondersteuning van arbeiders wat nie meer produktief (hoef te) wees nie dra by tot die afbreek van kultuur. Die verwagting is dat mense sal aktiveer om natuur en kultuur weer op te bou omdat die gewone familie nie daarsonder kan nie (tensy kinders in broeikaste grootword).

Die voorwaardes vir oorlewing gaan dus in beginsel daaroor dat kommunikasie en prosesse in plek moet wees om gemeentes/buurtes te ondersteun en nie die Staat of die Kerk nie (dit geld vir almal).

Die kommunikasie vereistes is as volg:

Indien mens aanvaar dat die basiese bestuursmodel van die samelewing bestaan uit makro, mikro en mikro-mikro vlakke, waar byvoorbeeld regerings op makro-vlak is, maatskappye op mikro-vlak en gemeentes op mikro-mikro vlak,  kan mens aandui dat in die geval van minderhede moet kommunikasie die brug vorm tussen die gemeente/buurte en makro-vlak deelnemers oor die aardbol. Daarvoor is ‘n platform nodig, nie noodwendig soos ‘n rekenaarplatform nie, maar meer soos ‘n verhewe gesag wat seker maak alles word aangespreek op alle plekke wanneer dit nodig is.

Die proses vereistes is as volg:

1.       Strategie bepaling: dit behels die oorlewingsstrategie van die gemeente/buurt in die normale verwysingsraamwerk van visie, missie, reputasie, beleid, implementering, uitkomste. Hierdie klink moeilik maar as mens onthou dat daar reeds meenthuiskomplekse is met toepaslike wetgewing dan raak dit makliker. Die hoof addisionele eienskap ter oorweging is onafhanklikheid of onafhanklke denke en aksies. Hiervoor is ook voorbeelde met verwysing na “intentional communities” met opleidingsgeleenthede aan plaaslike universiteite ens. Verder is Strategiese Konsultante beskikbaar (veral vanaf Amerika) wat dmv simulasies en kompeterende intelligensie heelwat bydrae kan maak tot die oorlewing van gemeentes/buurtes.

2.       Batebestuur: dit behels normaalweg menslike/finansiele/fisiese bates, maar hier word hoofsaaklik verwys na fisiese bates. Die gemeente/buurt moet sy “eie” fisiese bates effektief bestuur oor die lang termyn, of te wel lewensiklusbestuur toepas. Hierdie aanwendingsveld is gedefinieer en beskikbaar in SA vanuit finansiele, tegniese en operasionele perspektiewe. Huidiglik word dit verkeerd aangewend wat nou lei tot ‘n erge oorlewingsrisiko.

3.       Kultuurmeting: Alhoewel daar heelwat navorsing oor kultuur en ekonomie is, was dit in die verlede moeilik om kultuur te bestuur omdat niemand dit kon meet nie. Dit kan vandag gedoen word en daarom is dit moontlik om die gemeentekultuur so te bestuur dat dit ekonomies voordelig bly.

Die stappe soos bogenoem is op hoë-vlak beskryf maar dit is (nou) prakties uitvoerbaar (met bietjie hulp) deur enige gemeente/buurt, agv ‘n verskeidenheid voorbeelde plaaslik en oorseë.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.