OVK gee onafhanklike kandidate gelyk

Deel op
gwede
Mantashe

Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, sê die ANC is gereed om vandag se tussenverkiesings in die Tlokwe-munisipaliteit in Portchefstroom in Noordwes te wen.

Hy het gepraat nadat die Kieshof in Bloemfontein ses van die nege tussenverkiesings wat vandag gehou moes word, op die nippertjie uitgestel het.

Die ses tussenverkiesings is uitgestel nadat die hof ten gunste van gediskwalifiseerde kandidate beslis het.

Hulle het die Onafhanklike Verkiesingskommissie voor die hof gedaag nadat hulle nominasies om as onafhanklike kandidate te staan, deur die OVK afgewys is.

Mantashe sê die party sal nou op wyke 6, 18 en 26 konsentreer om te verseker dat die ANC dié wyke wen.

Twee munispale tussenverkiesings word ook vandag in die Wes-Kaap gehou.

Wyke in die Drakenstein-munisipaliteit in die Paarl en Mosselbaai sal betwis word. In Mosselbaai word wyk 8 deur die DA, ANC en ‘n onafhanklike kandidaat betwis, nadat die lidmaatskap van die DA-raadslid deur die party be-eindig is.

In die Paarl is die ANC-raadslid geskors en word wyk ses deur die DA, die ANC en ‘n onafhanklike kandidaat betwis. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.