Drie pleit skuldig op Muldersdrift-moorde

Deel op

Drie swart mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ’n 13-jarige meisie en ’n 50-jarige man verlede jaar in Muldersdrift vermoor het, het skuldig gepleit.

Die drie het ook skuldig gepleit op ’n reeks ander misdade, het The Star berig.

Alfred Zwane (27), Samson Mandlezi (23) en Manir Lubisi (27) het Maandag in die Suid-Gautengse hooggeregshof skuldig gepleit op nege van die tien aanklagte teen hulle.

Die drie het skuldig gepleit op aanklag van die moord op die 13-jarige Alyssa Botha op 5 September verlede jaar en ook op die moord op André Jordaan (50) op 13 September.

Alyssa is ten aanskoue van haar 17-jarige suster Meghan doodgeskiet en hul pa, Anton, is in die aanval gewond.

Die mans het ook skuldig gepleit op aanklagte van roof, diefstal, poging tot moord, aanranding en inbraak.

In elk van die aanvalle het die mans hul slagoffers oorval terwyl hulle by die huis was, of net by die huis aangekom het.

Zwane, Mandlezi en  Lubisi is op 14 September in hegtenis geneem.

Die verhoor duur voort. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.