BBP-soldaat dood in motorfietsongeluk

Deel op
Blouligkonvooi
Blouligkonvooi

’n Lid van die weermag is in ’n motorfietsongeluk dood toe hy ’n BBP in Kempton Park in Gauteng vergesel het, het die Suid-Afrikaanse weermag gesê.

Brig.genl. Xolani Mabanga, woordvoerder, sê die soldaat het beheer oor sy motorfiets verloor terwyl hy die BBP vanaf OR Tambo- internasionale lughawe vergesel het.

“Die oorledene was ’n lid van die militêre polisie se begeleiding wat aangewys word om BBP’s vanaf die lughawe te vergesel. Hy was amptelik aan diens.”

Mabanga sê die soldaat se naam sal verskaf word nadat sy familie van sy dood in kennis gestel is.

Die woordvoerder wou nie die BBP se naam bekend maak nie. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.