Burgersfort-myners saamgetrek op koppie

Deel op
Vorige optog by Twickenhammyn
Vorige optog by Twickenhammyn

Die polisie en veiligheidsbeamptes van ‘n private maatskappy hou die situasie dop by die Twickenham Platinummyn naby Burgersfort in Limpopo waar ‘n groep plaaslike inwoners op ‘n koppie saamgetrek het.

Inwoners in die gemeenskap het gister op ‘n plundertog gegaan en die pad na die myn versper en geëis om die bestuur te sien.

Hulle eis dat die herontplooiing van myners vanaf Rustenburg en ander gebiede na die Twickenham-myn gestaak word.

Hulle beskuldig die myn daarvan dat plaaslike mense se werk van hulle weggeneem word.

Vyf-en-veertig mense wat gister in verband met openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging in hegtenis geneem is, sal môre in die Mecklenburg rondgaande hof verskyn. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.