Twee vas vir moord op oud-skoolhoof

Deel op

zeerustDie polisie twee swartes in hegtenis geneem ná die moord van ‘n 71-jarige afgetrede skoolhoof, wat doodgeskiet is tydens ‘n rooftog by sy huis Zeerust oor die naweek, het Beeld berig.

Sollie Botha en sy vrou, Elsa is aangeval in hul huis op Saterdagnag, nadat hulle teruggekeer het van ‘n plaaslike troue.

Hul volwasse dogter het veel later by die huis aangekom en besef iets is verkeerd toe sy ligte in die huis sien wat aan is.

Sy het twee mansvriende gaan haal, waar hulle die liggaam van haar pa, wat in die kop geskiet is, ontdek het.

Elsa Botha was vasgebind op haar bed.

Sy het later aan die polisie gesê hulle het wakker geword toe hulle ‘n geraas in die huis kort voor middernag gehoor het.

Sollie Botha het gaan ondersoek instel en afgekom op twee rowers in sy huis.

Hulle het hom in die gesig geskiet en ‘n vuurwapen teen sy vrou se kop gehou en haar beveel om ‘n kluis leeg te maak.

Die twee mans het later gevlug met ‘n aantal huishoudelike besittings. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.