ANC: Polisie moet geweld in PE keer

Deel op

peDie polisie moet die geweld tussen Suid-Afrikaners en Somaliërs in Port Elizabeth stop, het die ANC in die Oos-Kaap, gesê.

Enige soort geweld, insluitend plundering van winkels in besit van Somaliërs is onwettig, verkeerd en het geen plek in Suid-Afrika nie,” het die African National Congress se provinsiale sekretaris, Oscar Mabuyane in ‘n verklaring gesê.

“Die SA Polisiediens is die eerste en die laaste linie van verdediging vir ons gemeenskappe, en ons doen ‘n beroep op hulle om die wet en openbare-orde polisiëringstegnieke toe te pas om hierdie golf van geweld te stop.

Oos-Kaapse polisie het gesê sewe mans is in hegtenis geneem die naweek vir plundering en brandstigting van Somaliërs se winkels in Port Elizabeth.

Ten minste 10 winkels in KwaZakhele en New Brighton is aangeval en ‘n voertuig gebrand.

Mabuyane het gesê die ANC in die provinsie doen ‘n beroep op inwoners in die Nelson Mandela Bay Metro om hulle te weerhou daarvan om die wet in eie hande te neem.

Geweld sal nie help in enige situasie nie, maar sal sake net vererger vir ons mense,” het hy gesê.

Die polisie se woordvoerder in die Oos-Kaap, Miranda Mills sê die geweld het na Missionville uitgebrei waar nog agt winkels geplunder is. Nog drie mense is aangekeer.

Winkels in buitelanders se besit word geteiken. Die polisie is in New Brighton, Zwide, Missionvale, Soweto-On-Sea en Kwa Zakhele ontplooi. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.