Taxi met meer as ‘n ton dagga afgetrek

dagga2
‘n Vorige vonds

Die polisie het Maandag op meer as een ton dagga beslag gelê, wat hulle in ‘n minibus-taxi naby Cornelia in die Vrystaat gevind het.

Sers. Mmako Mophiring het gesê die 41-jarige taxibestuurder van KwaZulu-Natal is op die R103 vir ‘n roetine-voertuigondersoek afgetrek.

Die polisie vermoed dat die dagga met ‘n geraamde straatwaarde van R1,2 miljoen op pad was na Gauteng.

Die meeste van die sitplekke in die Toyota Quantum-bussie is verwyder om plek te maak vir die 81 sakke wat saam 1025, 55 kg geweeg het.

Die bestuurder sal binnekort in die landdroshof op Frankfort verskyn. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.