
Die polisie het Maandag op meer as een ton dagga beslag gelê, wat hulle in ‘n minibus-taxi naby Cornelia in die Vrystaat gevind het.
Sers. Mmako Mophiring het gesê die 41-jarige taxibestuurder van KwaZulu-Natal is op die R103 vir ‘n roetine-voertuigondersoek afgetrek.
Die polisie vermoed dat die dagga met ‘n geraamde straatwaarde van R1,2 miljoen op pad was na Gauteng.
Die meeste van die sitplekke in die Toyota Quantum-bussie is verwyder om plek te maak vir die 81 sakke wat saam 1025, 55 kg geweeg het.
Die bestuurder sal binnekort in die landdroshof op Frankfort verskyn. – Sapa