Dodetal in Washington-skietery op 13

Deel op
Aaron Alexis
Aaron Alexis

Talle mense is dood en gewond in ‘n skietvoorval by die VSA se vlootwerf in Washington DC. Owerhede sê ‘n swart man was vir die aanval verantwoordelik.

Volgens die departement van verdediging is minstens een verdagte dood terwyl ‘n vlootamptenaar, wat anoniem wou bly, gesê het dat daar moontlik meer as een aanvaller by die skietery betrokke is. Dié teorie is later laat vaar.

Na wat berig word is 13 mense doodgeskiet by ‘n Navy Yard in Washington. Die swart skieter is ook dood en is geïdentifiseer as die 34-jarige burgerlike kontrakteur van Hewlett-Packard, Aaron Alexis.

Ooggetuies het ‘n man gesien wat vanuit die vierde verdieping van ‘n gebou op die perseel na mense onder op die grond skiet. Owerhede het gesê hulle vermoed nie terreur as ‘n motief vir die aanval nie.

Minstens 3 000 mense werk by die vlootwerf, wat sowat 4 km van Washington se Reagan-lughawe geleë is, en waar die vloot se skepe gebou en onderhou word.  – AP

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.