Hof sal beslis oor Tlokwe-kandidate

Deel op

tlokweDie verkiesingshof in Bloemfontein sal vandag beslis oor die lot van ses gediskwalifiseerde onafhanklike kandidate in die tussenverkiesing in Tlokwe in Potchefstroom wat môre plaasvind.

Die kandidate het verlede week ‘n hofgeding aanhangig gemaak teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie se beslissing om hulle vir die tussenverkiesing te diskwalifiseer.

Hulle voer aan dat sommige OVK-amptenare moedswillig sekere dokumente versteek het, wat tot hul diskwalifikasie gelei het. Hulle is ook blykbaar deur die OVK in kennis gestel dat al hul dokumentasie in orde was.

‘n Senior OVK-amptenaar in Tlokwe is as voorsorg maatreël met verlof gestuur, hangende die uitslag van die saak. Sou die klaers die saak wen, is daar ‘n sterk moontlikheid dat die tussenverkiesing uitgestel gaan word.

Die tussenverkiesing word as noodsaaklik vir die ANC gesien om beheer van die munispaliteit van die DA af terug te wen. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.