VN-verslag wys Sirië verantwoordelik vir chemiese aanval, sê VSA, Brittanje

Deel op
William Hague
William Hague

Die verslag van die Verenigde Nasies inspekteurs na chemiese wapens in Sirië kon nie die vraag beantwoord wie vir die chemiese aanval in Damaskus verantwoordelik was nie.

Die inspekteurs het tot die gevolgetrekking gekom dat chemiese wapens wel op ‘n groot skaal in ‘n aanval op die Siriese hoofstad gebruik is, waarin honderde mense dood is.

Hulle het ook bevind dat die dodelike gifgas, Sarin, in die aanval gebruik was. Die inspekteurs het egter nie aangedui wie vir die aanval verantwoordelik was nie, omdat dit nie deel van hulle mandaat was nie.

Rusland se VN-verteenwoordiger, sê die verslag onthul geen koeëlvaste data of gevolgtrekkings” oor wie verantwoordelik was nie. Die VSA en die Verenigde Koninkryk die studie bevestig dat die regime agter die aanval sit.

“Die verslag is volledig, maar baie tegnies. Dit vermy kategoriese uitsprake en gevolgtrekkings, en dit moet bestudeer word,” het Witali Tsjoerkin aan die Russiese media by die VN se hoofkwartier in New York gesê.

“Almal kan tot hul eie gevolgtrekking kom, maar ek hoop dat dit nie gedryf sal word deur politieke motiewe nie.

Die Britse minister van buitelandse sake, William Hague, sê die tegniese besonderhede in die verslag, dui duidelik daarop dat dit die werk van die Siriese regering was, het RSG berig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.