Guptas minag immigrasie- en arbeidswette

Deel op

ann7Die Guptas se TV-nuuskanaal ANN7 se erkenning dat vier van sy werknemers ‘vakansie’ gelys het as rede vir hul teenwoordigheid in Suid-Afrika, is nog ‘n bewys van die vrye hand wat die ANC-regering oënskynlik aan die Guptas gee om die septer te swaai met hul bedrywighede in die land.

Adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor kommunikasie, sê die VF Plus veroordeel die aangeleentheid ‘ten sterkste’ en dat dit herinner aan die Waterkloof- en Sun City-debakel.

“Ons wil weet waarom die Guptas nie Suid-Afrikaners in diens neem nie? Veral wit en bruin mense word deur die regering verwerp waar dit by gelyke werksgeleenthede kom.

“Nou doen die Guptas se maatskappy dieselfde deur Suid-Afrikaners van minderheidsgroepe werk te ontsê en eerder mense van die buiteland in diens te neem terwyl die land se immigrasie- en arbeidswette in die proses geminag word.

“Hierdie vier werknemers is moontlik net die punt van die ysberg, en die VF Plus dring daarop aan dat die Guptas se bedrywighede rakende die wettigheid van al hul personeel in Suid-Afrika deeglik ondersoek word,” sê adv. Alberts.

Volgens adv. Alberts is dit wyd gepubliseer dat die Guptas met hul besoek aan Sun City nie van swart personeel gebruik wou maak nie en daarop aangedring het om deur wittes bedien te word.

“Waar hulle egter self die geleentheid het om wittes of bruines in diens te neem, is dié mense blykbaar skielik nie goed genoeg nie.

“Dit sal baie interessant wees om ‘n ontleding te sien van die Guptas se personeel-samestelling in Suid-Afrika,” sê adv. Alberts.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.