Mulder verwelkom Amerikaanse belangstelling in Afrika-landbou, -handel

Deel op
Krysta Harden
Krysta Harden ingesweer as adjunk-minister

Nuwe handelsbetrekkinge en beleggings is baie belangrik vir sub-Sahara-Afrika aangesien die gebied groot groeipotensiaal het. Daarom verwelkom hy die moontlikheid dat Amerika op hoë vak ondersoek instel na die moontlikheid om handelsbetrekkinge in die gebied uit te brei sê dr. Pieter Mulder, adjunkminister van landbou, bosbou en visserye.

Dr. Mulder het vanoggend op ‘n konferensie in Johannesburg aan ‘n hoëvlak-afvaardiging van Amerika, wat die land se adjunkminister van landbou, me. Krysta Harden insluit, gesê dit is belangrik dat Amerika handelsbetrekkinge met die streek versterk om voedselsekerheid te waarborg.

Die Amerikaanse afvaardiging het senior verteenwoordigers van Amerikaanse handelsverenigings en uitvoerders ingesluit. Vanuit die sub-Sahara-streek was aankopers van verskeie lande ook teenwoordig.

Dr. Mulder het gesê Afrika is besig om deurlopend te ontwikkel en ‘n groeiende middelklas bring ‘n aanvraag na nuwe voedselprodukte wat plaaslik nie altyd beskikbaar is nie.

Hy het ook gewys op die ongekende groeipotensiaal van die streek. Hierdie groei en ontwikkeling veroorsaak dat die gepaardgaande koopvermoë ontstaan. Van die gespesialiseerde produkte in aanvraag word wel in die streek vervaardig, maar Suid-Afrika speel ‘n groot rol in die voorsiening daarvan.

Volgens dr. Mulder kan veral sakelui in die groothandel-kettingbedryf van die tendens kennis neem.

Hy sê navorsing dui daarop dat sowat 85 miljoen huishoudings in Afrika tans sowat 5000 Amerikaanse dollar per jaar verdien. Teen die jaar 2020 kan dit vermeerder tot 128 miljoen huishoudings.

Afrika se moontlikhede en enorme potensiaal word veral geïllustreer deur die feit dat sowat 60% van die wêreld se onbewerkte, vrugbare grond, of grond wat nie ten volle benut word nie, in Afrika is. Tog produseer dié kontinent net 10% van die wêreld se voedsel.

“Die McKinsey-verslag noem dat Afrika gereed is vir ‘n ‘Groen Revolusie’ soortgelyk aan dié wat landbou in Asië en Brasilië ingrypend verander het,” sê dr. Mulder.

Volgens dr. Mulder is daar groot ruimte vir groei in handelsbetrekkinge tussen Suid-Afrika en Amerika op landbougebied. Alhoewel Amerika baie van Suid-Afrika invoer, is daar weinig of geen groei op die gebied nie en die department van landbou, bosbou en visserye is begerig om dit te verbeter tot die voordeel van albei lande,” sê dr. Mulder.

Dr. Mulder en me. Harden, Amerikaanse adjunkminister van landbou, voer more onderhandelings oor die verbetering van landbouverhoudinge tussen Suid-Afrika en die VSA.

piesangobama
Obama pak piesangs en ander kruideniersware

Harden wat pas in die plek van Kathleen Merrigan aangestel is, kom uit die soja-, tabak en grondboontjie-lobbies in Washington en word as een van Obama se sterk ondersteuners getel.


Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.