Bismarck se rooikaart geskrap

Bismarck du Plessis
Bismarck du Plessis

Bismarck du Plessis se omstrede rooikaart wat hy tydens Saterdag se nederlaag teen die All Blacks gekry het, is van sy dissiplinêre rekord geskrap .

Die regsbeampte Terry Willis het in Maandag se dissiplinêre verhoor bevind dat die Franse skeidsregter Romain Poite die verkeerde beslissing gemaak het toe hy du Plessis met ‘n geelkaart in die 17de minuut vir ‘n duikslag op die losskakel Dan Carter gestraf het.

In ‘n verklaring op Maandag, het die IRB gesê dat die geel kaart toegeken teen du Plessis “nie korrek” was nie.

Du Plessis het ‘n tweede geel kaart vir ongeoorloofde spel in die 42ste minuut van die wedstryd gekry, wat beteken het dat hy outomaties van die veld gestuur is.

Die IRB het gesê dat die geel kaartbesluit ‘n “ongelukkige geval van menslike foute deur die skeidsregters was“.

Du Plessis het geen verdere straf ontvang nie, maar die tweede geelkaart wat hy in die 42ste minuut ontvang het, sal vir die res van die Rugbykampioenskap-reeks op sy rekord bly. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.