Leier van Geloftevolk Republikeine se seun glo in padwoedevoorval

Deel op
André Visagie
André Visagie

Net dae na sy hofverskyning saam met sy pa, Andre Visagie, die leier van die Geloftevolk Republikeine, staar die 19-jarige Jan Visagie ‘n saak van aanranding en die rig van ‘n vuurwapen in die gesig.

Dit volg na ‘n oënskynlike padwoedevoorval in Langstraat, Kimberley, waartydens Jan Visagie na bewering ‘n vuurwapen uitgehaal het tydens ‘n argument, wat uiteindelik in ‘n volskaalse vuisgeveg geëindig het.

Andre en Jan Visagie het verlede week in die Kimberley-landdroshof op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie verskyn ná ‘n klopjag by hul huis in die stad.

Jan was na bewering deur sy ma, Marietjie, ontbied nadat ‘n Volkswagenbakkie voor haar BMW ingedraai het in MacDougallstraat.

Volgens die bestuurder van die bakkie, GP Laubscher (21) het hy per ongeluk voor die BMW ingedraai maar het bygevoeg dat hy ‘n apologetiese handgebaar aan die bestuurder gemaak het. Dit was eers later dat hy opgemerk het dat die BMW hom volg.

“‘n Nissan Sentra het my voertuig van voor ( in die aankomende verkeer ) genader, en reg voor my motor gestop. Die BMW het agter my my gestop met die gevolg dat ek nêrens heen kon gaan nie.”

“Die bestuurder van die Sentra het toe uit sy motor gespring en my uit my voertuig getrek. ‘n Reuse- vuisgeveg het tussen ons uitgebreek, terwyl die vrou in haar voertuig bly sit het.”

Volgens Laubscher se pa, Pienaar Laubscher, het hy op die toneel aangekom en probeer om die geveg stop te sit, maar het ook betrokke geraak.

Die jong Visagie het na bewering gesê hy gaan die “kak” uit Laubscher skiet met ‘n vuurwapen wat sy ma uit die motor vir hom aangegee het.

Volgens Jan Visagie ( die bestuurder van die Sentra ) het Pienaar Laubscher hom na bewering tussen die bene tydens die rusie om die wapen af te vat, bygekom, wat aan hom het ses steke in die skrotum besorg het. Laubscher het dit egter ontken.

Pienaar het blykbaar ‘n elektriese prikstok uit sy voertuig gehaal en dit nege keer op Marietjie gebruik tydens die voorval, wat sigbare merke op haar liggaam gelaat het. Laubscher het dit bevestig, maar bygevoeg dat dit ‘n “goedkoop model is wat hy by ‘n straatverkoper gekoop het en nie van ‘n baie hoë sterkte is nie” en dat hy dit gebruik het nadat sy aan sy hemp geruk het en probeer het om hom te slaan.

“Ek is grootgemaak nie aan ‘n vrou te slaan nie, maar wanneer hulle my begin slaan, sal ek terugbaklei,” het Pienaar gesê.

GP Laubscher het beserings aan sy kop en gesig opgedoen en ‘n tand in die stryd verloor. Sy pa het ook beserings aan sy gesig en is ook na bewering geskop tussen die bene. Jan beserings aan sy gesig, asook steke tussen die bene opgedoen. Hy het ook berig dat sy horlosie en hemp beskadig is tydens die voorval .

Alle betrokke partye is daarna na die polisie. GP Laubscher het ‘n saak van aanranding en rig van ‘n vuurwapen aanhangig gemaak, terwyl Jan Visagie ‘n saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer laat open het.

‘n Woordvoerder van die polisie, luitenant Donald Mdhluli het dit bevestig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.