Verspreide oproer oor buitelanders, HOP-huise

Deel op

somaliDaar is steeds ‘n groot polisieteenwoordigheid by New Brighton in Port Elizabeth nadat die plunder van winkels wat aan Somaliërs behoort deur die woonbuurt versprei het.

Die Somaliërs het alles opgepak wat hulle uit hulle winkels kon red en is na veiligheid geneem.

‘n Polisiewoordvoerder, Thembi Gwe sê die geweld het na bewering begin nadat ‘n Somaliese man ‘n 30-jarige man tydens ‘n argument doodgeskiet het.

Lede van die gemeenskap het toe op ‘n stormloop gegaan en tien winkels geplunder. Drie winkels en ‘n voertuig wat buite een van die winkels geparkeer was, is aan die brand gesteek.

Die plundery het in Gunguluza- en Tintilistraat begin, maar het vinnig versprei. Die polisie monitor steeds die gebied.

Verder noord het inwoners van die Thekwane-Suid township naby Nelspruit in Mpumalanga een van die hoofpaaie na Nelspruit met brandende buitebande versper.

Die inwoners beweer dat  hulle huise aan ander mense verkoop. Hulle wil hê die LUR vir huisvesting, Andries Gamede moet ingryp en ‘n oplossing vir die saak vind.

Die betoging gaan na verwagting die oggendverkeer in die Mbombela gebied ontwrig, aangesien die pad wat versper word ook die KaNyamazane township met Nelspruit verbind. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.