Komitees oor twee omstrede kwessies begin dié week

Deel op

parliamentTwee Parlementêre komitees begin die week werk aan omstrede kwessies.

‘n Ad-hoc komitee gaan President Jacob Zuma se opmerkings oor die wetsontwerp oor die beskerming van staatsinligting oorweeg.

Zuma het die wetsontwerp verlede week terugverwys na die Parlement, en gesê dele daarvan kan ongrondwetlik wees.

‘n Ander ad-hoc komitee gaan kyk na die Openbare Beskermer se verslag oor die Onafhanklike Verkiesingskommissie se kantore in Centurion.

Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela het vroeër die maand in haar verslag aanbeveel dat die Parlement stappe teen die voorsitter van die OVK, Pansy Tlakula oorweeg vir haar rol in die verkryging van die gebou.

Die twee komitees het tot 31 Oktober om die kwessies te oorweeg voordat hulle moet verslag doen aan die Nasionale Vergadering. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.