Pinetown-bestuurder in hof

Deel op

pinetown3Die vragmotorbestuurder wat teen vier taxi’s en ‘n motor gebots het, verskyn Maandag in die Pinetown-landdroshof.

Die ongeluk het die lewens van 22 mense geëis.

Sanele Goodness May (23) van Swaziland, is op 6 September op 22 aanklagte van moord en roekelose of nalatige bestuur in hegtenis geneem.

Landdros Wendolynn Robinson het die saak tot Maandag uitgestel, maar het gesê ‘n formele borgtogaansoek sal op 18 September plaasvind.

Theasen Pillay vir die verdediging het gesê hy is deur Sagekal Logistics aangestel om May te verteenwoordig.

May is aanvanklik aangekla van strafbare manslag, maar die nasionale vervolgingsgesag het bevestig dat die aanklagte van moord verander is.

Die ongeluk het kort voor 19:00 op 6 September op die hoek van Fields Hill (M13) en Richmondweg plaasgevind.

Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal, het gesê die dodetal het tot 23 gestyg nadat een van die beseerdes Saterdagoggend in die hospitaal gesterf het. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.