ANC-voorsitter in Pakistan ontvoer

Deel op
Lahore-lughawe
Lahore-lughawe

‘n Suid-Afrikaanse sakeman is in Pakistan ontvoer.

Arshard Ali, wat ook die ANC-voorsitter in Meyerton is, was Dinsdag by die Lahore-lughawe op pad om ‘n vliegtuig terug na Suid-Afrika te haal, toe vier mans hom gedwing het om in ‘n dubbelkajuit-bakkie te klim, het Eyewitness News berig.

Ali se familie het die departement van internasionale betrekkinge om hulp genader.

“Hulle [die ontvoerders] het nie gesê wat hulle wil hê nie,” het sy vrou, Emel Ali gesê.

“Hulle het hom net gegryp. Kan enige iemand in Suid-Afrika my help om soheentoe te gaan om my man op te spoor?”

Die departement van internasionale betrekkinge kon nie vir kommentaar bereik word nie. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.