VN-verslag oor chemiese wapens verwag

Deel op

bankimoenDie sekretaris-generaal van die VN, Ban Ki-moen, gaan later vandag ‘n verslag deur wapeninspekteurs oor chemiese wapens in Sirië voorlê.

Hy het reeds aangedui dat die verslag aan die VN se Veiligheidsraad sal bevestig dat senugas in die aanval naby Damaskus op 21 Augustus gebruik is.

Honderde mense is in die aanval dood. Die VN-span is nie toegelaat om te sê wie vir die aanval verantwoordelik is nie.

Westerse regerings wys die vinger na die Siriese regering terwyl Rusland die blaam op die rebelle plaas. ‘n Russies-Amerikaanse skikking om Sirië se chemiese wapenvoorraad te vernietig sal ‘n besliste invloed op die Veiligheidsraad se beraadslagings hieroor hê.

Die skikking maak daarvoor voorsiening dat die wapens binne die volgende nege maande tot niet gemaak moet word. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.