President Jacob Zuma het by ‘n byeenkoms in Seshego, Limpopo gesê die ANC Jeugliga mag radikaal wees, solank hulle die tradisies van die regerende party respekteer.
Tienduisende mense het die byeenkoms bygewoon. Daar was nie een wit gesig in die skare of op die verhoog nie, wat ‘n duidelike streep deur die ANC se vermaarde verbintenis aan “nie-rassigheid” getrek het.
Die president se toespraak was gemik om Julius Malema se EFF-steunbasis in sy tuisdorp. Zuma het gesê daar is nie iets soos die “Born Free” geslag nie – diegene wat ná 1994 gebore is – aangesien daar nog nie ekonomiese gelykheid in Suid-Afrika heers nie.
Die byeenkoms het die nege en sestigste herdenking van die Jeugliga gevier. Busse van oral het na Polokwane gereis vir die geleentheid.
Zuma het vroeër ook die graf van die voormalige Jeugligaleier Peter Mokaba besoek en ‘n krans gelê. Mokaba het die “Kill a Boer” liedjie gepopulariseer.