Franse skeidsregter bederf kampioenskapswedstryd

'n Regte haantjie...
‘n Regte haantjie…

Die Franse skeidsregter van vanoggend se rugby-kampioenskapswedstryd op Eden Park in Auckland tussen die Springbokke en die All Blacks, het die toets bederf toe hy vier geelkaarte uitgedeel het.

Die Springbokhaker, Bismarck du Plessis, is van die veld af gestuur toe hy ‘n tweede geelkaart van Romain Poite gekry het, met kommentators en rugbylui wat hul koppe in ongeloof geskud het oor veral sy eerste geelkaart.

Die Bokke het 50 minute lank met net 14 spelers gespeel en het met 29-15 gewen, wat aan hulle ‘n bonuspunt vir vier drieë besorg het.

Die All Blacks is nou vier punte voor op die rugbyleer met nog twee wedstryde wat oor is. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.