Jong rugbyspeler verdrink in Oos-Londen

nahoon‘n Jong rugbyspeler is dood, nadat hy Vrydag saam met agt van sy spanmaats by die Nahoon-riviermond in Oos-Londen deur ‘n sterk stroom meegesleur is.

Craig Lambinon, woordvoerder vir die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het gesê die spelers was vermoedelik van die Noord-Wes Luiperds se o.19- en -21-spanne wat ná ‘n wedstryd strand toe gegaan het.

Die slagoffer se liggaam is aan die staat oorhandig vir ‘n ondersoek deur ‘n forensiese patoloog.

Nog een is in die hospitaal opgeneem toe die groep in die riviermonding in die moeilikheid beland het.

Nege van hulle is deur sterk strome meegesleur, maar gered.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.