Drie kinders dood in yskas gevind

Deel op

yskasoudDie liggame van drie swart kinders is in ‘n ou yskas in Atamelang in die Noordwes-provinsie gevind.

Sers. Kealeboga Molale, polisiewoordvoerder, sê die kinders, tussen drie en vyf jaar oud, is Donderdag laas gesien toe hulle buite gespeel het. 

“Die kinders se ouers en gemeenskapslede het na hulle gesoek, maar sonder sukses.” 

Molale het gesê die oupa van een van die kinders het die lyke Vrydag in die yskas gevind.

Niemand is in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. 

Dit is nie bekend gemaak of die kinders versmoor het en of daar vuilspel vermoed word nie. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.