VSA, Rusland bereik ooreenkoms oor Siriese wapenvoorraad

Deel op
Lawrof skud blad met Kerry
Lawrof skud blad met Kerry

Die VSA en Rusland het ooreengekom dat Sirië inspekteurs toegang tot alle chemiese wapens moet gee voordat dit vernietig word.

‘n Raamwerk wat die vernietiging of verwydering van Sirië se chemiese wapens teen die middel van 2014 is deur albei lande aanvaar.

Die Russiese minister van buitelandse sake Sergei Lawrof en sy Amerikaanse eweknie, John Kerry het die plan ná hul derde dag van onderhandelinge in Genève, Switserland, aangekondig.

Sirië sal ook ‘n ondertekenaar van die Organisasie vir die Verbod op Chemiese Wapens (OPC) word, wat hul produksie en gebruik verbied.

John Kerry, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, het Saterdag tydens ‘n mediakonferensie in Genève gesê Sirië moet binne ‘n week ‘n volledige inventaris van sy wapenvoorrade oorhandig.

Kerry het gesê dié versoek kan deur ‘n VN-resolusie afgedwing word en het gewaarsku dat sanksies teen Sirië ingestel sal word indien die land die versoek weier.

Die VSA het president Basjar al-Assad en sy regering daarvan beskuldig dat hulle verlede maand ‘n gifgasaanval geloods het, maar kon nie bewys lewer daarvan nie. 

President Barack Obama het gewaarsku dat militêre optrede steeds nie uitgesluit is nie. Obama sê hy wil eers “daadwerklike optrede” van Assad se kant af sien. – AFP/RT

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.