Dringende aansoek na intimidasie by vulstasies

Deel op

vulstasie Die Brandstof Kleinhandelaarsvereniging het aansoek om ‘n dringende interdik gedoen ná voorvalle van intimidasie teen nie-stakende werkers in die brandstof- en motorverwante bedrywe.

Volgens die vereniging was daar gister alleen 20 voorvalle.

Vroeër die week is twee fotograwe ook aangerand. Die vakbond, SATAWU in die Vrystaat sê vragmotorbestuurders wat brandstof by vulstasies aflewer word aangeval.

Numsa se woordvoerder, Irvin Jim, het die optrede van die Brandstof Kleinhandelaarsvereniging as goedkoop truuks afgemaak en sê die vakbond sal dit teenstaan.

Die werkers staak sedert Maandag vir beter salarisse. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.