Drie in hof oor Guptalanding

Deel op

guptalandDrie beamptes wat aangekla is oor die omstrede landing van die Gupta-familie se vliegtuig, sal Vrydag in die militêre hof verskyn.

Hulle staan tereg op aanklagte van die misbruik van staatseiendom en dat hulle vals verklarings onder eed afgelê het.

‘n Gupta-straler met sowat 200 bruilofsgaste aan boord het op 30 April by die Waterkloof-lugmagbasis geland. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.