Guptas ontken rooftog

Deel op
Guptas ontken rooftog
Guptas ontken rooftog

Die Gupta-familie het ontken dat daar ‘n rooftog by een van hul huise in Johannesburg was.

Die polisie het Donderdag gesê ‘n huishulp is Donderdag by ‘n huis van die Guptas in Houghton in hegtenis geneem, berig Eyewitness News.

Die werker is Woensdag in hegtenis geneem in Benoni, het kol Lungelo Dlamini gesê.

Sy het verdwyn kort nadat drie mans in twee voertuie die huis vroeër in die dag beroof het.

Blykbaar het die inbrekers ‘n tuinier die middag oorrompel en het geld gesteel, huishoudelike goedere, en juweliersware.

Dit was nie onmiddellik duidelik watter een van die Guptas die eienaar van die huis was nie.

Gary Naidoo, woordvoerder van die gesin, het gesê die Guptas besit nie ‘n huis in Houghton nie.

Die 26-jarige swart bediende verskyn vandag in die hof. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.