Polisielede verklaar nie privaatondernemings nie

Deel op

sapd3Sewe-en-twintig-duisend lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is aktiewe direkteure in privaatmaatskappye wat moontlik nie hulle belange verklaar het nie.

Dit het aan die lig gekom in die Spesiale Ondersoekeenheid se tussentydse verslag vir April tot September verlede jaar. Die verslag is deur die Komitee oor Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling in die parlement ter tafel gelê.

In die verslag word beweer dat 99 maatskappye verbind word met werknemers in die polisie en dat sake met die polisiediens ten bedrae van R21 miljoen gedoen is.

Drie-en-sewentig werknemers van die polisie, wat geregistreer is as verskaffers op die polisie se databasis, het na bewering nie hulle belange verklaar nie.

Die Ondersoekeenheid se verslag oor die polisie volg op talle ondersoeke wat gedoen is ná bewerings van ongerymdhede in die polisiediens tussen 2009 en 2011. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.